Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sri Lanka se president vra polisiehoof om te bedank

Pres. Maithripala Sirisena van Sri Lanka het glo sy polisiehoof en minister van verdediging gevra om te bedank ná die Paasfees-aanvalle in dié land.

Hy het reeds Dinsdag aangekondig koppe in die weermag gaan rol omdat amptenare nie die selfmoordbomaanvalle waarin meer as 350 mense dood is, kon voorkom nie.

Die weermag het glo geweet daar kom 'n aanval nadat Indië hulle reeds op 4 April daaroor ingelig het. Indië het hulle glo weer die Saterdag voor die aanval gewaarsku.

Sirisena het, soos vroeër berig, aangekondig dat hy die polisie- en veiligheidsdienste in die komende weke gaan herstruktureer.

Minstens 359 mense is dood en meer as 400 beseer nadat selfmoordbomaanvallers in Sri Lanka Sondag op kerke en hotelle toegeslaan het. Minstens 60 mense is glo reeds in hegtenis geneem, terwyl die regering maan dat tot 100 mense uiteindelik gevang kan word. – Reuters

Meer oor:  Aanval  |  Terreur  |  Selfmoordbomaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.