Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Staat van beskuldiging: Demokrate dien klag in teen Trump
Die Demokrate het Dinsdag ’n klag aangekondig wat daarop gemik is om pres. Donald Trump in ’n staat van beskuldiging geplaas te kry.Foto: Reuters

Die Demokrate in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het Dinsdag ’n formele klag teen die Amerikaanse president, Donald Trump, aangekondig waarin hy daarvan beskuldig word dat hy sy mag misbruik en die kongres ondermyn.

Trump is die derde Amerikaanse president in die geskiedenis wat deur ’n staat van beskuldiging in die gesig gestaar word.

Die huis van verteenwoordigers sal na verwagting volgende week oor die klagte en twee artikels van vervolging stem. Die Demokrate gaan stem om die president te vervolg wat die weg sal baan vir ’n verhoor in die Republikeins beheerde senaat. Dit sal waarskynlik in Januarie begin.

Jerrold Nadler, voorsitter van die justisiekomitee, het aan verslaggewers gesê Trump het die Amerikaanse grondwet in dir gedrang geplaas, die integriteit van die verkiesing in 2020 ondermyn en die nasionale veiligheid in gevaar gestel.

“Niemand, nie eens die president, is bo die reg verhewe nie,” sê Nadler.

Die Demokrate het vinnig beweeg met hul planne vir ’n staat van beskuldiging sedert die begin van die ondersoek op 24 September. Die bewerings handel oor hoe Trump die Oekraïne onder druk geplaas het om ’n politieke mededinger vanuit die Demokrate in die verkiesing in 2020, die voormalige vise-president Joe Biden, te ondersoek.

Die Demokrate beskuldig Trump dat hy sy mag misbruik het deur steun aan die Oekraïne te weerhou, ’n kwesbare Amerikaanse bondgenoot wat deur Russiese aggressie in die gesig gestaar word. Trumps het voorts ’n moontlike vergadering van die Withuis as lokaas gebruik om die Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, sover te kry om die ondersoek te begin.

Die Republikeine beskuldig die Demokrate daarvan dat hulle probeer het om die uitslag van die 2016-verkiesing omver te werp met ’n heksejag teen Trump, wat ontken het dat hy enigiets verkeerd gedoen het.

Trump sal waarskynlik nie in die senaat skuldig bevind word nie, aangesien sy party dit beheer, maar sy vervolging kan nog ’n invloed hê op die veldtog waarin die Demokrate probeer om weer beheer van die Withuis oor te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.