Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Staatsgreep misluk in Soedan

Soedan se militêre leiers het Donderdagaand gesê talle weermagoffisiere het ’n staatsgreep probeer uitvoer in ’n poging om ’n ooreenkoms tussen die land se militêre oorgangsraad en politieke partye in die wiele te probeer ry.

Jamal Omar Ibrahim, hoof van die militêre oorgangsraad se veiligheidskomitee, het op staatstelevisie aangekondig afgetrede weermaglede en lede wat steeds in die weermag is het Donderdag die staatsgreep probeer uitvoer, maar hulle het misluk.

Hy sê 12 mense is in hegtenis geneem, en nog vier is ondervra.

Die weermag is in beheer sedert oudpres. Omar al-Basjir in April in ’n staatsgreep uit die kussings gelig is. ’n Koalisie van opposisie politieke partye het verlede week ooreengekom om mag vir die volgende drie jaar te deel voor ’n verkiesing gehou word.

Die ooreenkoms moet egter nog onderteken word en volg op grootskaalse betogings om druk op die weermag te sit om mag te oorhandig.

’n Klopjag deur die weermag op ’n kamp vir betogers in Sentraal-Kartoem het op 3 Junie tot die dood van 100 mense gelei.

Op die laaste Sondag in Junie het mense weer in hul duisende opgeruk op verskeie plekke in die land. Sewe mense is tydens dié betogings dood. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.