Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Stad verwoes – wie kyk na honde en katte?

Toe tonne ammoniumnitraat op 4 Augustus in Beiroet ontplof het, het nooddienswerkers dadelik die beserings van duisende beseerde mense begin behandel.

Maar nóg ’n reddingspoging het stil-stil op dieselfde oomblik begin – om troeteldiere wat hul eienaars verloor het of skielik sonder kos was, op te spoor en te versorg.

Die Amerikaner Jason Mier, direkteur van Animals Lebanon (AL), woon al 12 jaar in Libanon en het al in sy loopbaan onder meer met sjimpansees in Sentraal-Afrika gewerk.

Hy het aan Rapport gesê dat hulle lankal vrees wat die impak van Libanon se ekonomiese insinking op troeteldiere sou wees – toe kom ’n veel groter skok op 4 Augustus.

“Ons het gebreekte vensters en ander skade aan ons infrastruktuur gehad, maar dit het ons vrywilligers nie gekeer nie. Hulle is strate toe om diere te soek.”

AL het onder meer ’n oproep gekry oor ’n hond wat twee dae lank sonder kos toegesluit was in die woonstel van ’n man wat in die plofslag dood is. Hulle kon die hond met polisiehulp bevry.

“Van 4 Augustus tot nou het meer as 300 vrywilligers onverpoos gewerk om meer as 400 hulpversoeke te hanteer. Mense kontak ons op WhatsApp, in oproepe of per e-pos. Almal is desperaat op soek na geliefde diere en hulp,” sê Mier.

Een boodskap lees: “Kan julle my asseblief help. My naam is Terese. Ek benodig dringend kos en entstof vir my hond. Asseblief, dis ’n noodgeval.”

Nog een: “Ek het kos nodig vir my kat en geld om te oorleef. Asseblief, help my as julle kan.”

’n Ander diereliefhebber sê: “My naam is Tashdjian. Ek het my werk verloor en my drie dogters is ook werkloos. Die laaste ses maande was my salaris die enigste inkomste in ons huis. Ons het vier honde en twee katte wat ons weier om weg te gee want hulle is deel van ons familie. Ons het hulp nodig met kos en katsand totdat ek weer ’n werk kan kry. Baie dankie en die Here seën julle.”

Al gee nou skuiling aan 71 diere. Daar is ook ligpunte.

“Ons het al meer as 100 diere aan hul eienaars terugbesorg en meer as 3 500 kg kos aan hulpbehoewende diere-eienaars uitgedeel,” sê ’n trotse Mier.

Meer oor:  Libanon  |  Beiroet  |  Diere  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.