Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sterftesyfer weens sikloon kan veel hoër, sê president

Meer as duisend mense kon omgekom het in die kragtige storm en gepaardgaande vloede in Mosambiek, het pres. Filipe Nyusi Maandag op Mosambiekse radio gesê.

Nyusi se syfers is aansienlik meer as die bevestigde dodetal van 84, berig Reuters.

Dié foto is Vrydag geneem, ’n dag nadat sikloon Idai Beira getref het. Die sikloon se pad van verwoesting is duidelik.Foto: AP

Sikloon Idai het Donderdag die stad Beira getref, maar reddingswerkers kon eers Sondag in die stad aankom, berig die BBC.

Die sikloon het ’n spoor van verwoesting in ook Zimbabwe en Malawi gelaat.

Nyusi het op radio gesê hy het oor Beira gevlieg. Volgens hom het twee riviere oorstroom en dryf daar lyke in die water. Sommige nedersettings het verdwyn.

Volgens Nyusi dui alles daarop dat meer as duisend sterftes aangemeld kan word.

’n Lugfoto van Beira wat swaar getref is deur die sikloon. Foto: Reuters

In Zimbabwe is die sterftesyfer weens die sikloon tans 89 en in Malawi 56.

Caroline Haga van die Rooikruis is in Beira en meen die situasie kan veel erger in omliggende gebiede wees. Dié gebiede is steeds onbereikbaar per pad.

Reddingswerk in Beira word bemoeilik deur ’n dam wat ook sy wal oorstroom het.

Reddingswerkers het Maandag mense te hulp gesnel wat op hul dakke of in die takke van bome in die stad vasgekeer was.

* ’n Noodtoestand is in gebiede soos die Chimanimani-distrik in Zimbabwe afgekondig waar inwoners sedert die sikloon in die berge slaap om van modderstortings te ontkom. Ook hier sal die dodetal heel moontlik styg.

Gebiede om Beira is oorstroom. Die foto is deur die Internasionale Rooikruis aan die nuusagentskap AP verskaf. Die foto is Vrydag geneem. Foto: AP
Meer oor:  Mosambiek  |  Zimbabwe  |  Sterftes  |  Sikloon Idai  |  Sikloon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.