Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sterk aardbewing skud ooste van Nieu-Seeland

’n Aardbewing met ’n sterkte van 7.2 het Vrydag die ooste van die Noord-Eiland van Nieu-Seeland getref.

Foto ter illustrasie.Foto: Reuters

Die aardbewing het ’n tsoenamiwaarskuwing tot gevolg gehad wat later teruggetrek is. Die Pacific Tsunami Warning Centre (PTWC) het egter gewaarsku dat inwoners waaksaam moet bly. Plaaslike burgerlike beskermingseenhede het gesê die tsoenamibedreiging sou enkele ure voortduur.

Daar was geen onmiddellike berigte van skade nie, maar die nasionale noodbestuursagentskap het mense in sommige kusgebiede aangeraai om na hoërliggende gebiede te skuif. Die naaste groot stad aan die episentrum van die aardbewing is Gisborne met ’n bevolking van ongeveer 35 500. Mense naby aan die kusgebied van Cape Runaway tot in Tolaga Bay is aangesê om hul huis te ontruim.

“Ek hoop dat almal oukei is – veral aan die ooskus waar hulle die volle sterkte van die aardbewing sou voel,” het Jacinda Ardern, die land se premier, in ’n boodskap op Instagram geskryf.

Inwoners oor die land heen is gevra om weg te bly van die strande en mariene gebiede weens die moontlikheid van sterk en ongewone seetoestande.

Meer as 60 000 mense het op GeoNet se webwerf gerapporteer dat hulle die aardbewing gevoel het, met 282 wat die skudding as “ernstig” beskryf en 75 mense wat dit as “ekstreem” ervaar het. Die meeste ander het dit as lig beskryf.

Naskokke is ook in die omgewing aangeteken.Reuters

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Aardbewing  |  Natuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.