Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Storm Ciara help BA-vlug rekord oortref

Hoewel Brittanje en die Europese Unie (EU) amptelik op papier geskei is, het die storm Ciara steeds stormsterkwind en swaar reën oor albei dié streke gebring.

’n Man neem ’n foto van die rowwe see in Newhaven, Brittanje. Foto: Reuters

Ciara het Sondag so erg gewoed dat vlugte, treine en sportwedstryde gekanselleer moes word, maar het ’n British Airway-vlug ook gehelp om korte mette met ’n vliegrekord te maak.

Sky News berig ’n British Airway-vlug het Sondag danksy storm Ciara ’n vlug tussen New York en Londen in die vinnigste tyd tot nog toe afgelê.

Dit het die BA-vlug net vier uur en 56 minute geneem om die sowat 3 500 myl van New York na Londen af te lê.

Dit was ook ’n minuut vinniger as ’n vlug van die Virgin-lugdiens wat dieselfde roete gevlieg het en om en by dieselde tyd moes land.

Die BA-vlug, wat in ’n Boeing 747-436 onderneem is, moes eers teen 06:25 die oggend op die Heathrow-lughawe land, maar het 102 minute vroeër om 04:43 reeds geland.

British Airways sê hul passasiers se veiligheid kom altyd eerste, maar hul hoogs opgeleide vlieëniers het in dié geval die meeste van die weersomstandighede gemaak.

Dié twee vlugte het ’n Boeing 787-9 van die Noorse lugdiens se rekord van 2018 oortref nadat dié vlug binne vyf uur en 13 minute van New York na Gatwick gevlieg het.

Intussen is meer as 200 vloedwaarskuwings in Brittanje uitgereik, terwyl die wind teen 150 km/h in Wallis gewoed het.

Die storm het vir groot ontwrigting in Nederland gesorg waar 240 vlugte vanaf Amsterdam se Schiphol-lughawe gekanselleer moes word weens wind van tot 120 km/h.

In Duitsland, waar Ciara as die storm Sabine bekend staan, is 180 vlugte van die Frankfurt-lughawe gekanselleer, terwyl kort vlugte van München ook Maandag opgeskort is.

Treindienste in Duitsland en Brittanje is ook tydelik gestaak, terwyl sportwedstryde in Engeland en Nederland gekanselleer is. Reuters


Meer oor:  Ba  |  British Airways  |  Storm Ciara  |  Brittanje  |  Europese Unie  |  Storm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.