Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Stormy prys Trump-prokureur
Pres. Donald Trump van Amerika.Foto: Getty Images

Die pornografiese ster Stormy Daniels, wat na bewering ’n affair met pres. Donald Trump gehad het, het sy voormalige prokureur Michael Cohen vir sy getuienis voor ’n paneel van die VSA se kongres geprys.

Terwyl Cohen getuig het dat hy voor die presidentsverkiesing namens Trump twee vroue betaal het om oor hul verhoudings met hom te swyg, het Daniels een woord getwiet: “Dankie.”

Sy het ook ’n verklaring uitgereik waarin sy sê sy is trots op hom dat hy uiteindelik die waarheid begin praat oor wat hy gedoen het en dat hy dit probeer regstel.

“Ek kan die pyn en berou hoor wat jy voel omdat jy jou gesin en land verraai het. My hart gaan uit na jou en jou gesin,” berig The Hill.

Stormy Daniels het Michael Cohen bedank omdat hy uiteindelik die waarheid praat Foto: Twitter/ @StormyDaniels
Die pornografiese ster Stormy Daniels.Foto: Getty Images
Michael CohenFoto: Getty Images

Volgens Fox News het Cohen Daniels glo $130 000 gegee om stil te bly daaroor dat sy en Trump in 2006 seks gehad het.

Cohen het aanvanklik ontken dat Trump en Daniels ’n affair gehad het.

Hy het voor die kongres getuig dat Trump hom vir een van die betalings terugbetaal het. Hy het ’n afskrif van die tjek aan lede van die paneel gewys.

Daniels vra Cohen in haar verklaring of hy nou besef dat hy haar en haar familie in gevaar gestel het toe hy en Trump haar ’n leuenaar genoem het, hy haar beledig het en gedreig het om haar finansieel te ruïneer.

Cohen het in sy getuienis berou uitgespreek dat hy vir Melania, Trump se vrou, oor die beweerde affair gelieg het, berig The Independent.

Cohen het Trump ook as ’n rassis, swendelaar en bedrieër geskets. Hy het gesê Trump het geen begeerte om die nasie te lei nie, maar hy wil homself bemark en sy rykdom uitbrei.

Hy het ook getuig dat Trump voor die tyd geweet het dat Wikileaks gesteelde e-posse van Hillary Clinton bekend gaan maak.

Meer oor:  Stormy Daniels  |  Donald Trump  |  Michael Cohen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.