Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Straatbrakkie steel Britse premier se hart

Dilyn het Maandag met sy eie bed en speelgoed by 10 Downing Street in Londen, Brittanje, opgedaag en ingetrek in die huis en harte van premier Boris Johnson en sy lewensmaat, Carrie Symonds.

Carrie Symonds
Dilyn by sy nuwe ounooi, Carrie Symonds, die Britse premier se lewensmaat. Hy is gered van ’n gewisse dood omdat sy agterplaas-teler hom wou wegmaak omdat hy probleme met sy onderkaak gehad het. Symonds en Johnson is albei baie lief vir honde. Foto: Twitter

Dilyn (wat in Wallies beteken om te volg of suksesvol te wees) is 15 weke oud en is gered toe ’n onverantwoordelike hondeteler in Wallis van hom wou ontslae raak, berig The Sun.

Hy is gered deur ’n liefdadigheidsorganisasie wat toeslaan op dié soort agterplaas-telers wat hul honde soos teelmasjiene werpsel ná werpsel laat kry.

Dilyn is gebore met ’n skewe onderkaak. Hy is ’n steekhaar met baie Jack Russel-bloed.

Johnson en Symonds is albei hondeliefhebbers en wou met die aanneem van Dilyn hul ondersteuning wys aan Lucy’s Law, ’n nuwe wet om toe te slaan op agterplaas-telers.

“Die premier was nog altyd ’n geesdriftige ondersteuner van dierewelsyn en glo daaraan om diere die beste kans in die lewe te gee,” het ’n woordvoerder gesê.

Die paartjie het te hore gekom van die goeie werk wat Eileen Jones, eienaar van Friends of Animals Wales (FOAW), en besluit om een van die hondjies wat sy gered het, aan te neem.

Dilyn sou dalk nie bly lewe het nie, want hy is weggegooi omdat sy onderste kakebeen te kort en skeef is, berig Mail on Sunday.

“Carrie en Boris help ’n baie, baie kwesbare hond wat andersins waarskynlik van kant gemaak wou word. Hulle is albei baie groot hondeliefhebbers,” sê die woordvoerder.

Boris Johnson
Boris Johnson en 10 Downing Street se kat, Larry. Foto: 10 Downing Street

Symonds het getwiet: “Dankie aan die wonderlike Eileen wat Dilyn gered het nadat sy ’n wenk gekry het dat hy weggegooi sou word deur die agterplaas-teler omdat sy onderkaak skeef is. Eileen het sy kakebeen laat regmaak en sy lewe gered. Sy is ’n heldin.”

Lucy’s Law sal hopelik teen April 2020 wet wees. Die nuwe wetgewing word ook deur bekendes soos Ricky Gervais, Rachel Riley en Brian May ondersteun.

Dit sal dan onwettig wees om ’n hondjie of katjie te koop as jy die diertjie nie sien in die sorg van die ma waar hy of sy gebore is nie.

Dilyn sal Johnson en Symonds se persoonlike troeteldier wees en dus nie meeding met Larry, die kat in Nr. 10 nie. Larry leef al jare in die premierswoning en oorleef premier ná premier daar.

As Johnson skielik nie meer premier is nie – miskien weens Brexit? – sal Dilyn saam met hom uittrek.

- Bronne: Sky News, The Sun en BBC, verwerk


Meer oor:  Britse Premier  |  Brexit  |  Boris Johnson  |  Carrie Symonds  |  Londen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.