Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Strafhof beslis teen Jordanië oor Al-Basjir ‘wegglip’

Jordanië het versuim om sy internasionale wettige verpligtinge na te kom om die destydse pres. Omar al-Basjir van die Soedan tydens ’n besoek in hegtenis te neem, het die internasionale strafhof (ICC) Maandag in Genève, Switserland, beslis.

Oudpres. Omar al-Basjir en oud-pres. Jacob Zuma in 2015. Foto: Verskaf

Volgens ’n verklaring van die menseregte-organisasie Human Rights Watch (HRW) het die ICC se appèl-afdeling gesê ’n staatshoof geniet nie immuniteit teen inhegtenisneming vir beweerde ernstige misdade nie, selfs al is hy die leier van ’n land wat hom nie by die ICC aangesluit het nie.

Al-Basjir is op 11 April uit die kussings gelig ná vier maande van massa-protesaksie oor Soedan heen. Die ICC is op sy spoor weens klagte van volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade vir sy beweerde rol in Soedan se teen-insurgensie-veldtog in Darfoer. Die konflik in Darfoer het tot die dood van meer as 300 000 mense gelei, en miljoene mense is ontwortel. Al-Basjir het Jordanië in Maart 2017 besoek tydens ’n beraad van die Arabiese Bond.

In 2017 het die ICC ook beslis dat Suid-Afrika sy plig versuim het om Al-Basjir in hegtenis te neem toe hy die land besoek het, het News24 vroeër berig.

Die Suid-Afrikaanse regering het ’n bevel van die Noord-Gautengse hooggeregshof verontagsaam om Al-Basjir te verhoed om die land te verlaat. Al-Basjir het in 2015 ’n beraad van die Afrika-unie in Johannesburg bygewoon.

Op 17 April het mediaberigte laat blyk dat Al-Basjir in Khartoem, die Soedannese hoofstad, gevange gehou word. Die militêre oorgangsraad het gesê Al-Basjir sal nie aan die ICC uitgelewer word nie, maar in die Soedan verhoor word.

HRW het Soedan aangemoedig om Al-Basjir aan die ICC oor te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.