Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Strop trek nouer om Netanyahu ná arrestasies
Benjamin Netanyahu. Foto: Reuters

Nadat lede van die binnekring van die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, in hegtenis geneem is, het sy probleme verdiep.

CNN berig dit is die vierde ondersoek waarby hy en sy vertrouelinge betrek word.

Die inhegtenisnemings kom minder as ’n week nadat die polisie gesê het daar is genoeg bewyse om Netanyahu van bedrog, omkopery en vertrouensbreuk aan te kla.

Die polisie het Dinsdag gesê sewe mense is in verband met dwarsboming van die gereg, bedrog, vertrouensbreuk en ander aanklagte in hegtenis geneem.

Nir Hefetz, ’n voormalige woordvoerder van Netanyahu, en Shaul Elovitch, die multimiljoenêr-eienaar van Bezeq, ’n Israeliese telekommunikasiemaatskappy, is onder die mense wat in hegtenis geneem is.

Ook die vrou en seun van Elovitch, wat as ’n goeie vriend van Netanyahu beskou word, en ander topbestuurslede van Bezeq is in aanhouding.

Shlomo Filber, ’n voormalige direkteur van die ministerie van kommunikasie, is ook in hegtenis geneem, berig Mail Online.

Hefetz en Filber het na bewering op ’n bedrieglike wyse miljoene dollar aan Bezeq (wat Elovitch as die grootste aandeelhouer bevoordeel het) in ruil vir gunstige dekking oor Netanyahu bewillig.

Netanyahu is nog nie as ’n verdagte in die saak genoem nie, maar sal na verwagting ondervra word.

Voormalige joernaliste van die aanlyn webwerf Walla! News, wat ook deur Elovitch besit word, het getuig dat hulle gedwing was om nie negatiewe nuusdekking oor Netanyahu te lewer nie.

Netanyahu ontken enige oortreding en beweer dat die aanklagte ’n voortsetting is van ’n vyandige nuusorganisasie se groter heksejag op hom.

Meer oor:  Benjamin Netanyahu  |  Israel  |  Bedrog  |  Arrestasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.