Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Studente in Indië beseer in betoging oor klasgeld

Talle studente van ’n universiteit in Nieu-Delhi is Sondag beseer toe hulle in ’n betoging oor klasgeld slaags geraak het met ’n jeugbeweging wat noue bande met die Indiese regerende party, Bharatiya Janata-party (BJP), het.

Sahiba Mazid, ’n student van die Jawaharlal Nehru-Universiteit (JNU), wat in een van die koshuise vasgekeer was, beweer dat gemaskerde mans daar ingestorm het.

Die studente blameer lede van die Akhil Bharatiya Vidyarthi Parishad (ABVP), jeugvleuel van die Hindoe-nasionalistiese organisasie Rashtriya Swayamsevak Sangh, vir die geweld.

Die organisasie ontken dat hy die geweld gestook het en sê die studente het sy lede aangeval.

JNU is een van Indië se toonaangewende universiteite en het ’n geskiedenis van linkse aktivisme. Daar was ook voorheen protesoptogte teen Narendra Modi, die eerste minister, toe studente gemeen het dat hulle van hul vryheid van spraak ontneem word.

Nirmala Sitharaman, die minister van finansies, het die voorval op sosiale media ten sterkste veroordeel. Sy het daarop gewys dat die universiteit bekend is om sy debatte en meningsverskille, maar nie vir geweld nie.

Die protes teen die verhoogde klasgeld het reeds in November kop uitgesteek toe honderde studente op die kampus hul geld teruggeëis “omdat tersiêre onderrig onbekostigbaar geword het”. – Reuters

Meer oor:  Indië  |  Betoging  |  Studente  |  Beseer  |  Klasgeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.