Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Studie wys dra van maskers kan virus-oordrag help keer

Die dra van gesigmaskers deur die hele bevolking kan die oordrag van Covid-19 na beheerbare vlakke afbring om verdere golwe van die koronavirussiekte te vermy as dit met inperkings gekombineer word, lui ’n Britse studie wat gister bekend gemaak is.

Die navorsing, gelei deur wetenskaplikes van Brittanje se Cambridge- en Greenwich-Universiteit, stel voor inperkings alleen sal nie die opvlam van die nuwe Sars-CoV-2-koronavirus stuit nie, maar selfs tuisgemaakte maskers kan die oordrag drasties vertraag as genoeg mense dit in die openbaar dra.

“Ons ontleding steun die onmiddellike en universele aanvaarding van maskers in die openbaar,” sê Richard Stutt, medestudieleier aan die Cambridge-Universiteit.

Hy sê die kombinasie van die wydverspreide gebruik van gesigmaskers tesame met die handhawing van ’n gesonde afstand en sommige inperkingsmaat­reëls kan ’n “aanvaarbare manier wees om die pandemie en die heropening van ekonomiese aktiwiteite te bestuur” voor die ontwikkeling van ’n doeltreffende teenmiddel vir Covid-19.

Die bevindings is in die wetenskapsjoernaal Proceedings of the Royal Society A gepubliseer. – Reuters

Meer oor:  Brittanje  |  Studie  |  Gesigmaskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.