Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Stuur onwettige immigrante eenvoudig terug, sê Trump

Mense wat Amerika onwettig binnekom, moet teruggestuur word na hul plek van herkoms sonder om verhoor te word, het pres. Donald Trump gister gesê.

Trump het verlede week, te midde van ’n openbare herrie en druk uit sy Republikeinse Party, teruggekrabbel op sy beleid om ouers en kinders wat die grens na Amerika onwettig oorsteek van mekaar te skei. Ouers en kinders word geskei sodat die ouers aangehou en vervolg kan word, ’n proses wat gewoonlik maande in beslag neem.

Sedert Trump tot dié stap oorgegaan het, het hy sy kritiek op Amerikaanse immigrasiewetgewing op Twitter en in toesprake verskerp.

Hy het onder meer na onwettige immigrante verwys as mense wat in Amerika wil “inbreek”.

“Ons kan nie hierdie mense toelaat om ons land in te dring nie. Ons moet, sodra iemand die land inkom, sonder regters en hofsake hulle terugneem na waar hulle vandaan kom. Ons stelsel maak ’n bespotting van doeltreffende immigrasiebeleid en orde en reg.

“Die meeste kinders kom sonder hul ouers,” het die president Sondag op Twitter gesê.

“Ek kan nie aanvaar dat mense probeer om by ons land in te breek nie. Sterk grense. Geen misdaad!”.

Die Amerikaanse immigrasiewetgewing maak voorsiening vir sekere regte indien immigrante deur die immigrasie- en doene-owerhede in hegtenis geneem word. In die meeste gevalle word die immigrante toegelaat om voor ’n immigrasie-regter te verskyn voordat hulle gedeporteer word. - Reuters 

Meer oor:  Donald Trump  |  Amerika  |  Immigrante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.