Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Suid-Korea skiet toe Russe sy lugruim binnekom

Suid-Korea het Dinsdag waarskuwingskote afgevuur nadat 'n Russiese militêre vliegtuig sy lugruim binnegekom het.

Die land se departement van verdediging sê dit is die eerste keer wat 'n Russiese militêre vliegtuig die land se lugruim betree.

Die vliegtuig was een van drie Russiese vliegtuie wat Dinsdag Suid-Korea se sogenaamde verdedigingsone, wat bekend staan as Kadiz, binnegekom het. Daar was volgens 'n verklaring deur die departement ook twee Chinese militêre vliegtuie kort op die Russe se hakke.

Die Russe en Chinese het nie dadelik kommentaar op die voorval gelewer nie.

Die Suid-Koreaanse regering sê hulle sal 'n amptelike klag by die regerings van Rusland en China indien.

Suid-Korea sê die Russiese militêre vliegtuig het verder oortree deur bo Dokdo, 'n eiland wat Suid-Korea beset, maar wat Japan ook eien, te vlieg.

"Die Suid-Koreaanse weermag het aksie geneem. Ons het 'n fakkel afgevuur, asook 'n waarskuwingskoot," luidens die departement se verklaring.

Die Russiese vliegtuig het die Suid-Koreaanse lugruim verlaat, maar 20 minute later weer teruggekeer, wat die Suid-Koreane genoop het om nog 'n waarskuwingskoot af te vuur.

"Suid-Koreaanse oorlogsvliegtuie het "normaal gereageer" op die inval. – Reuters

Meer oor:  Suid-Korea  |  China  |  Japan  |  Rusland  |  Weermag  |  Skote  |  Waarskuwingskote  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.