Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Suid-Korea stop propaganda op grens met Noorde

Suid-Korea het sy luidsprekers, wat propaganda op die grens met Noord-Korea uitbasuin, afgeskakel voor verwagte samesprekings later vandeesweek.

Suid-Korea het tientalle luidsprekers al langs die grens, wat enigiets van Koreaanse popmusiek tot kritiese nuusberigte oor die Noorde speel, berig die BBC.

Dié uitsendings word deur Noord-Korea se soldate gehoor wat langs die grens gestasioneer is, asook gewone burgers in die gebied.

Dit is nog nie duidelik of Noord-Korea sy eie soortgelyke luidsprekers sal afskakel nie.

Noord-Korea saai gewoonlik berigte uit wat krities is oor Suid-Korea en sy bondgenote.

Vrydag se samesprekinge is die voorloper van ’n beplande vergadering tussen Kim en pres. Donald Trump van Amerika, hoewel die tyd en die plek vir hul ontmoeting nog bevestig moet word.

“Die besluit van Suid-Korea is geneem om militêre spanning tussen die Suide en Noorde te verminder en om ’n atmosfeer te skep vir vreedsame samesprekings,” sê die departement van nasionale verdediging in ’n verklaring.

Of Suid-Korea sy uitsendings later sal voortsit, hang af van ’n vergadering tussen pres. Moon Jae-in van Suid-Korea en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, wat na verwagting Vrydag sal plaasvind, berig The Guardian.

Dit sal die eerste direkte samesprekinge tussen dié lande se leiers in meer as ’n dekade wees.

Hulle sal na verwagting daaroor praat om die wapenstilstand, wat die Koreaanse-oorlog in 1953 tot ’n einde gebring het, te vervang met ’n verdrag wat ’n formele einde tot die vyandelikhede sal bring.

Twee vorige vergaderings tussen die twee lande, wat in 2000 en 2007 in Pyongyang gehou is, het die voormalige Noord-Koreaanse pres. Kim Jong-il en die Suid-Koreaanse leiers Kim Dae-jung en Roh Moo-hyun betrek.

Vrydag se samesprekinge is die voorloper van ’n beplande vergadering tussen Kim en pres. Donald Trump van Amerika, hoewel die tyd en die plek vir hul ontmoeting nog bevestig moet word.

Meer oor:  Suid-Korea  |  Noord-Korea  |  Samesprekings  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.