Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Suid-Soedan het vrede in sig

’n Rebelleleier van Suid-Soedan, Riek Machar, het Woensdag in Etiopië aangekom vir ’n vergadering met Suid-Soedan se president, Salva Kirr, as deel van onderhandelinge om die burgeroorlog te beëindig.

Machar is sedert 2016 in Suid-Afrika in huisarres nadat hy uit Suid-Soedan gevlug het.

’n Woordvoerder vir die rebelle en ’n beampte van Ethiopië se regering het die onderhandelinge bevestig.

“Ja, ek kan aan jou bevestig dat ons voorsitter vanoggend in Addis Ababa aangekom het,” het die rebelle-woordvoerder Lam Paul Habriel oor Machar gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa en Reik Machar in Mei 2016.Foto: Argief

’n Beampte van Etiopië se regering het ook Machar se aankoms bevestig en het gesê hy sal Etiopië se eerste minister, Abiy Ahmed, voor sy gesprek met Kirr ontmoet.

“Riek Machar het gearriveer,” het ’n woordvoerder vir buitelandse sake, Meles Alem, gesê.

Kirr en Machar sal na verwagting Woensdagmiddag ontmoet. Dit sal die eerste afspraak tussen die twee wees sedert ’n vredesooreenkoms tussen die regering en Machar se rebellegroep in 2016 misluk het.

Duisende mense is al dood in die burgeroorlog wat einde 2013 uitgebreek het, toe lojale soldate van Machar, die voormalige visepresident van Suid-Soedan, ’n rebellie teen die regering van stapel gestuur het.

Al die partye in die oorlog is deur die Verenigde Nasies en ander liggame van wreedhede teenoor hul landsburgers beskuldig.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Suid-Soedan  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.