Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Suide sluk nie meer so swaar aan Kim
Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, en pres. Moon Jae-in van Suid-Korea is duidelik te sien in die skuim op die latté wat ’n koffiewinkel in Suid-Korea bedien.Foto: Reuters

Met missieltoetse, dreigemente van kernaanvalle en die gewetenlose uitwissing van teenstanders hang Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, se onheilspellende teenwoordigheid oor die Suide.

Deesdae kan mense in die hartjie van Suid-Korea Kim ook in hul koffiekoppie sien.

Nadat Kim in April met pres. Moon Jae-in van Suid-Korea vergader het, versier die In & Out-koffiewinkel in die stad Jeonju, sowat drie uur se ry van Seoel af, sy latté met skuimbeelde van die twee

leiers.

Klante kan selfs saam met Kim en Moon in die skuim verskyn.

“Ek het die beraad tussen die Koreas dopgehou en was baie beïndruk,” sê Kim Jeong-il, eienaar van In & Out.

“My winkel se naam is In & Out en ek het die latté gemaak biddend vir vrede in die hoop dat ons ‘in en uit’ Suid- en Noord-Korea kan gaan,” sê hy.

Ná die April-beraad, waarop Kim as ’n innemende jong man voorgekom het, begin al hoe meer Suid-Koreane hul houding verander teenoor die Noord-Koreaanse leier, wat al gedreig het om Seoel te vernietig.

Volgens die uitslag van ’n peiling, wat Gallup Korea op 1 Junie bekend gemaak het,

het Kim se algemene aansien onder Suid-Koreane van 10%

in Maart tot 31% in Mei verbeter.

In ’n vroeëre peiling wat Gallup Korea kort ná die April-beraad gedoen het, het 65% van die respondente ’n positiewer beeld van Kim gehad as voor die beraad.  – Reuters

Meer oor:  Kim Jong-Oen  |  Noord-Korea  |  Koffie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.