Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Suster van Thaise koning mag nie aan verkiesing deelneem

Thailand se verkiesingskommissie het Maandag die oudste suster van die Thaise koning gediskwalifiseer om as premierskandidaat aan die komende verkiesing deel te neem.

Die kommissie het die voormalige prinses Oebolratana Rajakanja (67) se kandidatuur kortgeknip en koning Maha Vajiralongkorn se woorde beaam dat koninklikes “bo politiek” verhewe moet wees.

Oebolratana Rajakanja in 2010. Foto: REUTERS / Bobby Yip

Met die bekendmaking van die kandidatelys het die kommissie in ’n verklaring gesê Rajakanja is uitgesluit “omdat elke lid van die koninklike familie aan dieselfde reëls onderworpe is, wat vereis dat die monarg bo politiek en polities neutraal moet wees”.

Rajakanja het verlede week die benoeming as premierskandidaat vir die Thai Raksa Chart-party, ’n populistiese beweging wat bestaan uit ondersteuners van oudpremier Thaksin Sjinawatra aanvaar.

Dié party het noue bande met Sjinawatra gehad, wat in 2005 ná ’n staatsgreep uit die stoel gelig is.

Rajakanja se benoeming is egter met skok begroet omdat dit indruis teen die lang tradisie dat koninklikes nie by die politiek betrokke moet raak nie.

Rajakanja het haar koninklike titels prysgegee nadat sy met ’n Amerikaner getroud is en ’n aktrise in sepies en ’n aksiefliek was.

Die verkiesing op 24 Maart is die eerste sedert ’n militêre staatsgreep in 2014 die pro-Sjinawatra-regering omvergewerp het.

Onder die kandidate vir premier is die huidige junta-leier Prajoet Tsjan-o-tsja, wat as weermaghoof die staatsgreep gelei het.

Thailand is sedert 1932 ’n konstitusionele monargie, maar die koninklike familie het baie invloed en het miljoene toegewyde ondersteuners. Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.