SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Wêreld
Suurstof word minder in Thaise grot

Al maak lae suurstofvlakke dit uiters gevaarlik om die 12 jong Thaise sokkerspelers en hul hulpafrigter langer in die grot te los waar hulle die afgelope twee weke vasgekeer is, is dit hoogs onwaarskynlik dat hulle binne die volgende 24 uur daar uitgehaal sal word.

Die situasie is nog veels te gevaarlik, het CNN betroubaar by ’n Thaise vlootamptenaar verneem.

Aanvanklik is gedink die seuns en hul afrigter kan vir sowat vier maande in die grot bly totdat die moeson-seisoen verby is en die water genoeg gedaal het sodat hulle kan loop.

Die dood van ’n lid van die reddingspan het hulle egter laat besef dat die suurstof tot potensieel gevaarlik lae vlakke gedaal het, berig CNN.

Die reddingspan wat in die grot bly, is daarom van tien mense tot vyf verminder.

Na verneem word is die suurstofvlak in die grot 15%, wat volgens Thaise paramedici die gevaar van hipoksie inhou, soos wat in hoogtesiekte gebeur, berig CNN.

Reddingswerkers het meer as 100 gate gegrawe met die hoop om die grot in die Tham Loeang-netwerk direk te kan bereik.

Die seuns het genoeg krag om na veiligheid te loop, maar kan nog nie duik nie, het Narongsak Osotthanakorn, goewerneur van Tsjiang Rai gesê toe hy gevra is of daar oornag ’n reddingspoging sou wees as dit begin reën, berig BBC.

Intussen word daar ook duikpakke met ’n dikte van 5 mm gesoek vir drie van die seuns wat te klein vir die beskikbare duikpakke is, sê ’n amptenaar.

Van Elon Musk, die uitvoerende hoof van SpaceX en Tesla, se ingenieurs sal Saterdag in Thailand aankom om met die reddingspoging te help, het Sky News berig.



Meer oor:  Grot  |  Sokkerspan  |  Thailand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.