Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Swaar strawwe in skoksaak wat Indië verdeel

Drie mans, onder wie ’n Hindoe-priester, is Maandag in Indië tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die ontvoering, verkragting en moord op ’n agtjarige meisie in ’n opspraakwekkende saak wat wêreldwyd opslae gemaak en tot wydverspreide betogings in die land gelei het.

Die saak het Indië geruk en onmin tussen godsdiensgroepe veroorsaak en weer die land se powere optrede teen vroue- en kindergeweldenaars in die kollig geplaas.

Die slagoffer is ’n Moslem-kind van die Bakarwals-stam, wat vandag nog hoofsaaklik hul bestaan as nomadiese herders in die woude van Kasjmir maak.

Sy is in Januarie 2018 ontvoer terwyl sy perde in die dorp Kathua in Jammu opgepas het.

Sanji Ram (’n priester), Deepak Khajuria en Parvesh Kumar, wat haar ontvoer het, is almal Hindoes, berig CNN.

Hulle het haar in ’n Hindoe-tempel toegesluit, dwelms ingegee en vyf dae lank herhaaldelik verkrag. Hulle het haar uiteindelik verwurg en met ’n klip doodgeslaan.

Haar lyk is drie weke later gekry.

Staatsaanklaers het aangevoer dat die misdaad gepleeg is om die Moslem-nomades uit die streek te verdryf.

Dit was die skietgoed vir die betogings deur regse nasionaliste en ondersteuners van die regerende Hindoe- Bharatiya Janata-party wat landwyd teen – wat hulle bestempel het as die polisie se partydigheid – begin betoog het.

Aanklaers het gevra dat die drie beskuldigdes die doodstraf kry, maar hulle is lewenslange tronkstraf opgelê.

Drie polisielede, Surinder Kumar, Tilak Raj en Anand Dutta, is vir vyf jaar tronk toe gestuur omdat hulle bewyse in die saak vernietig het.

Weens dié misdaad en ander hoëprofiel-kinderverkragtings het die land se parlement wetgewing aanvaar dat die verkragters van kinders jonger as 12 jaar die doodstraf opgelê kan word. Dit bly egter die regter in enige saak se diskresie of hy dit wil oplê of nie, berig BBC.

“Dit is ’n oorwinning vir die waarheid. Geregtigheid het vandag vir die meisie en haar gesin geseëvier,” het M. Farooqi, die aanklaer, ná afloop van die uitspraak gesê.

Die BBC haal statistieke aan wat deur die regering uitgereik is dat tot en met 2016 is ’n kind elke 15 minute in die land seksueel aangerand. Dit blyk da hierdie syfers sedertdien stelselmatige styg. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.