Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Swaard van 1 200 v.C. op eiland gevind

’n Swaard wat sowat 3 200 jaar oud is, is per toeval op die Spaanse vakansie-eiland Majorka gevind op ’n terrein uit die Bronstydperk.

Die swaard is in die Talaiot- argeologiese terrein gevind – dit is ’n enorme klipterrein wat van 1 000 tot 6 000 v.C. dateer.

Die 3 800 jaar oue swaard wat in Majorka ontdek is. Foto: Diario de Mallorca

Die swaard is een van net enkele wapens wat op die eiland gevind is.

Die vonds help kenners om die Talaiotiese kultuur van daardie tyd beter te verstaan, berig Ancient Origins.

Die bokant van die swaard waar dit gebreek het.Foto: Diario de Mallorca

’n Span was besig om die terrein gereed te maak om dit as ’n museum vir besoekers oop te maak toe twee argeoloë ’n klip optel en iets daaronder by die grond sien uitsteek. Hulle het die grond en klip om die voorwerp verwyder en tot hul verbasing die swaard gevind.

Die argeoloë glo die swaard is doelbewus op die terrein gelaat, waarskynlik as ’n offer aan ’n edelman of vir iemand van ’n aristokratiese familie.

Die Talaiot word as ’n belangrike religieuse en seremoniële terrein beskou.

Hoewel die swaard op een plek gebreek is, het dit andersins in ’n baie goeie toestand bewaar gebly.

Meer oor:  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.