Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Swanger? Nee, 2 katjies onder klere

’n Vrou wat twee Persiese katjies gesteel het, het daarin geslaag om hulle deur een van Taiwan se grootste lughawens te smokkel deur haar as swanger voor te doen.

Sy het die opregte katjies – Anngi en Da Lili – onder haar klere weggesteek.

Die Hongkongse vrou het die katte by ’n teler in Taipei gesteel nadat die teler vroeër geweier het om katte aan haar te verkoop. 

Die polisie het op video’s van die lughawe se veiligheidskameras gesien die vrou loop by ’n openbare toilet in, en lyk aansienlik dikker toe sy uitkom en deur die veiligheidshekke stap.

Die teler, Tsjiang Tsjin-ji, het aan AFP gesê sy het dadelik die Hongkongse vrou verdink toe sy besef die katte is weg. Die vrou het vroeër begin huil en skree toe Tsjiang geweier het om ’n kat aan haar te verkoop.

Daar kan op videobeelde buite Tsjiang se woonstel gesien word hoe die vrou met ’n katjie onder elke arm by ’n sydeur uitstap.

AFP het die Hongkongse vrou gebel, maar haar man het geantwoord en gesê hy het niks geweet van sy vrou se planne nie. “Ons is jammer oor die voorval,” het hy gesê.

Die katjies is nou by ’n vriend van Tsjiang in Hongkong. Hul toekoms is duister, want hulle moet óf drie maande in kwarantyn bly, óf van kant gemaak word.

Die lughawe ondersoek hoe die vrou daarin geslaag het om die katte te smokkel, berig die Apple Daily in Taipei.

Meer oor:  Taiwan  |  Smokkel  |  Lughawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.