Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tai-wat? Amerika maak glipsie in verslag

Die Amerikaanse departement van verdediging moes ’n regstelling publiseer nadat hy Taiwan verkeerdelik in die kernverslag Nuclear Posture Review as ’n deel van China uitgebeeld het.

The Japan Times het die Amerikaanse departement van verdediging Saterdag gevra waarom die eilande van Taiwan “ingekleur is met die Chinese vlag op sekere bladsye van die Nuclear Posture Review”.

Die Pentagon het erken hy het ’n fout gemaak en het die verslag ’n paar uur lank teruggehou.

“Daar was ’n drukfout in die Nuclear Posture Review vir 2018,” het ’n woordvoerder van die Pentagon aan The Japan Times gesê.

Washington het egter al dekades lank ’n vriendelike verhouding met Taipei op ’n nieamptelike vlak en het al wapens aan Taiwan verkoop.

Die Pentagon sê ook die fout illustreer nie ’n skuif in die Amerikaanse buitelandse beleid nie.

CNN berig die fout is raakgesien en reggemaak voordat dit openbaar gemaak is en die Pentagon sê die grafika is twee weke voor die bekendmaking van die verslag ingevoeg.

As deel van Amerika se Een China-beleid het hy in 1979 besluit om alle amptelike bande met Taiwan te sny, berig Newsweek. Washington het egter al dekades lank ’n vriendelike verhouding met Taipei op ’n nieamptelike vlak en het al wapens aan Taiwan verkoop.

Beijing beskou Taiwan steeds as ’n “eiesinnige provinsie” en het gewaarsku hy is gewillig om militêre aksie te neem om die eiland se onafhanklike beweging in te kort.

Meer oor:  Taiwan  |  Fout
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.