Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Talle dood, vermis in Nepal-vloede

Meer as 20 mense is Vrydag dood of word vermis weens vloede gedurende hewige reënstorms in Nepal.

Meer as 20 mense is Vrydag dood of word vermis weens vloede gedurende hewige reënstorms in Nepal.Foto: Reuters

Swaar reënstorms het sedert Donderdag in 20 van Nepal se 77 distrikte, in heuwelagtige terrein asook in die suidelike vlaktes gewoed.

Volgens die jongste verklaring wat deur die land se binnelandse departement uitgereik is, het 15 mense gesterf terwyl ses ander vermis word. ’n Verdere 13 is beseer in die voortslepende reën wat tot oorstromings van riviere lei, wat hul oorsprong in die Himalaja het.

In die hoofstad, Katmandoe, is drie mense dood toe die muur van hul huis inmekaargestort het. Televisiekanale het gewys hoe die polisie inwoners uit huise wat onder vloedwaters is help en hulle in rubberbote wegneem. Mense het deur die massa water, wat tot teen hul middellywe kom, met hul besittings op hul koppe na veiligheid gevlug.

Regeringsamptenare het gesê dat die Kosirivier in die ooste van Nepal, wat deur die Indiese deelstaat van Bihar vloei, intussen tot gevaarlike hoë vlakke gestyg het.

Die land se weerkantoor het inwoners gemaan om op hul hoede te wees aangesien die swaar reën die hele naweek voortduur.

Die jaarlikse moesonreënseisoen, wat gewoonlik in Junie begin en tot September aanhou, lei dikwels tot sterftes in Nepal, ’n land van 30 miljoen mense.

Meer oor:  Nepal  |  Hewige Reënstorms  |  Wêreld  |  Vloede  |  Moesonreënseisoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.