Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Talle gewond in Texas-skietery
Bloedvlekke is te sien op die straat in die vermaaklikheidsdistrik van Austin, Texas, ná ’n skietery waarin 13 mense gewond is. Foto: AP

Minstens 13 mense is Saterdagoggend gewond in ’n skietery in die middestad van Austin in die Amerikaanse staat Texas.

“Ek is bly om te kan sê niemand is dood nie,” het Joseph Chacon, waarnemende polisiehoof, aan NBC News gesê.

“Daar is wel twee mense in ’n kritieke toestand,” het hy bygevoeg.

“Altesame 11 mense is na een hospitaal gebring, terwyl een na ’n ander hospitaal is en nog een na ’n kliniek. Daar is dus 13 slagoffers.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dit is deel van ’n ontstellende toename in gewapende geweld regoor die land namate ons uit die pandemie kom,

Steve Adler, burgemeester van Austin, het die polisie, lede van die brandweer en noodpersoneel vir hul vinnige reaksie Saterdagoggend bedank terwyl hy ook verwys het na ’n toename in gewapende geweld in die gebied.

“Dit is deel van ’n ontstellende toename in gewapende geweld regoor die land namate ons uit die pandemie kom,” het Adler gesê.

Associated Press berig ondersoekbeamptes, wat na beeldmateriaal van sekerheidskameras gekyk het, kan steeds nie ’n duidelike beskrywing van die aanvaller saamstel nie. Enigiemand met inligting oor die skietery is versoek om die polisie te kontak.

Ons het net ’n klomp geweerskote gehoor. Almal het platgeval. Ons het nie geweet wat aangaan nie,

Matt Perlstein, ’n ooggetuie, het aan KXAN-TV gesê dat hy saam met ’n vriend gewag het om by ’n kroeg in te gaan toe die skietery losbars.

“Ons het net ’n klomp geweerskote gehoor. Almal het platgeval. Ons het nie geweet wat aangaan nie,” het Perlstein gesê.

Dewitt Peart, president en uitvoerende hoof van die Downtown Austin Alliance, het volgens CNN in ’n verklaring gesê: “Dit is hartseer dat Austin ook nou deel is van ’n lang lys van gemeenskappe wat ’n massa-skietery beleef het.”

“Dié sinlose geweld moet eindig. Ons sal voortgaan om te verseker dat die middestad veilig, skoon en verwelkomend is vir almal, maar vandag dink ons aan diegene wat deur die skietery geraak word,” het Peart gesê.

Meer oor:  Texas  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.