Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Talle lande verbied nou reisigers uit China

Te midde van groeiende kommer dat die nuwe koronavirus wyer versprei, het Amerika en Australië pas aangekondig dat hulle nie langer besoekers uit China deur hul grensposte gaan laat nie, berig die BBC.

Dit kom nadat lande soos Rusland, Japan, Pakistan en Italië reeds soorgelyke stappe aangekondig het.

Die New York Times berig enigiemand wat in die laaste twee weke na China gereis het, word Japan belet.

Die dodetal weens die 2019-koronavirus staan nou op 259.

Al die sterftes was tot nou toe in China, en veral in die Hubei-provinsie waar die virus aanvanklik uitgebreek het.

Byna 12 000 mense is reeds met die virus gediagnoseer. Net sowat 100 van hulle is buite China in lande soos Brittanje, Amerika, Duitsland en Rusland.

Mense uit China nie meer welkom in sekere lande. Foto: Getty Images

Chinese navorsers probeer ’n entstof ontwikkel, maar tot dusver is hulle sonder sukses.

Apple het intussen ook aangekondig hy gaan al sy winkels en korporatiewe kantore in China tot minstens 9 Februarie sluit, berig Reuters.

Die maatskappy het reeds ’n groot agterstand in die vervaardiging van iPhones omdat die meeste van dié slimfone in Chinese fabrieke vervaardig word.

Werkers by Apple se twee grootste fabrieke in China is reeds byna twee weke lank nie by die werk nie uit vrees dat die virus verder versprei.

Apple sê hy hoop om sy winkels “so gou as moontlik” te heropen.

Een van die twee mense wat intussen positief getoets het vir die virus in Engeland, is ’n student aan die Universiteit van York. Hy is verwant aan die ander een wat ook siek is.

Volgens ’n woordvoerder van die universiteit is die kans skraal dat die student die virus na sy medestudente oorgedra het.

Daar heers ook kommer dat die virus Botswana bereik het. Die land se departement van gesondheid het Vrydag bevestig vyf mense wat moontlik die virus onder lede het, is gehospitaliseer. Hul toestand word gemonitor.

Daar is nog geen bevestigde gevalle in Suid-Afrika nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Korona  |  Siekte  |  Virus  |  China  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.