Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Talle sterf in stormloop in Nigeriese stadion

Talle mense het Donderdag weer op ’n politieke saamtrek van pres. Muhammadu Buhari van Nigerië in ’n stormloop in ’n stadion in Port Harcourt gesterf.

Dit is die tweede voorval die afgelope week waarin ondersteuners op ’n saamtrek van die president voor Saterdag se presidentsverkiesing vertrap is.

Talle mense is beseer en soos met die vertrapping verlede week op ’n saamtrek in die Jolly Nyame-stadion in die stad Jalingo in die Taraba-staat is geen amptelike sterftesyfer bekend gemaak nie.

Die jongste vertrapping in Port Harcourt, in die hartjie van olieproduksiestreek, het in ’n stampvol stadion gebeur. Dit blyk dat die skare by ’n hek wou uitgaan om die president ná sy toespraak te volg.

Buhari se grootste teenstander in die verkiesing is Atiku Abubakar, ’n sakeman en voormalige adjunkpresident.

Judith Amaechi, ’n plaaslike verteenwoordiger van Buhari se All Progressives Congress (APC)-party, het in ’n verklaring haar skok oor die stormloop uitgespreek.

Buhari het verlede week sy medelye uitgespreek nadat van sy ondersteuners op die saamtrek in die Jolly Nyame-stadion vertrap is. – Reuters

Meer oor:  Muhammadu Buhari  |  Nigerië  |  Stormloop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.