Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Talle sterf toe vliegtuig van aanloopbaan gly

Minstens 16 mense is dood en tientalle beseer toe ’n vliegtuig van die lugdiens Air India van die aanloopbaan gegly het toe dit Vrydag in gietende reën in die suide van Calicut geland het.

Die vliegtuig het geland, maar kon nie betyds tot stilstand kom nie. Dit het in twee gebreek.

Die Boeing 737 het in Dubai opgestyg met Indiese burgers wat in die buiteland gestrand was weens die koronavirus-pandemie aan boord.

Volgens die departement van burgerlugvaart was daar 190 passasiers, onder wie tien babas aan boord.

Televisie-beeldmateriaal wys hoe reddingswerkers in die reën spook om mense te red.

Volgens die polisiehoof in Kerala is minstens 16 mense dood.

Die vliegtuig van Air India wat in swaar reën van ’n aanloopbaan gegly het. Dit het in twee gebreek en minstens 16 mense het omgekom. Foto: Reuters

Plaaslike TV-nuuskanale het gewys hoe passasiers wat na hospitale gebring is, omring is deur gesondheidswerkers met maskers om hulle teen die koronavirus te beskerm.

Air India Express AXB1344 was ’n vlug wat deur die regering gereël is om mense na Indië terug te bring.

“Geruk deur die vliegtuigongeluk in Kozhikode,” het premier Narendra Modi op Twitter gesê, met verwysing na die nuwe naam van Calicut.

“Ek dink aan diegene wat hul geliefdes verloor het. Mag die beseerdes gou herstel,” het hy gesê. - Reuters


Meer oor:  Air India
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.