Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Te vroeg om te sê of Britte op vakansies kan gaan

Dit is nog te vroeg om te sê of Britse burgers vanjaar op internasionale somervakansies sal kan gaan.

Britte is van die toeriste wat die meeste geld op hul vakansies bestee en daarom is dit vir talle strande, kafees en tavernes in die suidelike dele van Europa noodsaaklik dat hulle weer toegelaat word om te reis.

Brittanje beplan om ’n “verkeerslig-risikostelsel” vir lande te gebruik sodra nie-noodsaaklike internasionale reise weer hervat word. Die Britse regering het egter Maandag gesê dat dit te vroeg is om bekend te maak watter lande die groen lig sou kry waarvoor Covid-19-toetse slegs voor en ná die reise benodig word.

boris johnson
Boris Johnson, Britse premier, tydens Maandag se nuuskonferensie. Foto: Reuters

“Met inagneming van die jongste situasie met variante en die bewyse oor die doeltreffendheid van entstowwe daarteen, sal ons vooraf bevestig of nie-noodsaaklike internasionale reise op 17 Mei kan hervat en of ons langer sal moet wag voordat ons die verbod op reise ophef,” het die regering Maandag gesê.

In die Britse media is daar bespiegel dat lande wat op die regering se groen lys is onder meer Portugal, Malta, Israel, die Verenigde Arabiese Emirate en die Verenigde State sal insluit. Selfisolasie sal geld vir lande op die oranje lys, terwyl reisigers na lande op die rooi lys kwarantyn moet ondergaan.

Boris Johnson, Britse premier, het Maandag gesê dat ’n beplande heropening van die ekonomie aanstaande week kan plaasvind, met die heropening van alle winkels, gimnasiums, haarkappers en gasvryheidsgebiede.

Met ’n toename in die verspreiding van Covid-19-entstowwe in Brittanje en die daling in infeksies bestaan die moontlikheid vir die opheffing van inperkingsregulasies vanaf 12 April.

Johnson het mense aangeraai om voort te gaan om van die huis af te werk en hul binnelandse reise tot die minimum te beperk.

Hy het ook bevestig dat die regering na ’n Covid-19-sertifikaatstelsel of entstofpaspoort kyk wat kan help om groter byeenkomste toe te laat.  – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Brittanje  |  Covid 19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.