Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Terreur: Minuut stilte vir slagoffers gehou

Die Engelse dorp Reading het Maandag ’n minuut se stilte eerbiedig vir die drie slagoffers wat Saterdag daar in ’n mesaanval dood is.

’n Amerikaner wat al 15 jaar in Brittanje woon, is een van die slagoffers en drie mense is ook beseer.

’n Polisiebeampte troos gis­ter ’n leerling aan die Holt-skool in Wokingham, Engeland, by die blomme wat buite die skool neer­gesit is. James Furlong, een van die slagoffers van Saterdag se ter­reuraanval in nabygeleë Reading, was ’n onderwyser aan die skool. Foto: AP

Die aanvaller het op mense toegesak wat laatmiddag in ’n parkie gesit het.

’n Bron in die intelligensiegemeenskap het aan Reuters gesê Khairi Saadallah, ’n 25-jarige man van Libiese herkoms, is in hegtenis geneem.

The Philadelphia Inquirer berig die Amerikaner se naam is Joe Ritchie-Bennett (39).

Woody Johnson, Amerikaanse ambassadeur in die land, het op Twitter sy medelye met die families van die slagoffers uitgespreek.

“Tot ons groot verdriet sluit die slagoffers ook ’n Amerikaanse burger in.”

James Furlong (36), ’n vriend van Ritchie-Bennett en onder­wyser in ’n buurdorp, is ook dood.

“Hy was pragtig, intelligent, eerlik en vol pret,” sê sy ouers in ’n verklaring.

Die derde slagoffer is nog nie uitgeken nie.

Die polisie beskryf dit as ’n terreuraanval en sê hulle soek nie na nog verdagtes nie.

Volgens die intelligensiebron het Saadallah verlede jaar op MI5, die binnelandse veiligheidsdiens, se radar verskyn toe hy beplan het om na die buiteland te reis om opgelei te word. Sy planne het toe deur die mat geval.

“Ons het blykbaar hier met ’n alleenloper te doen en dit is baie moeilik om vooraf van hulle bewus­ te word,” het Jonathan Hall, onafhanklike toesighouer oor terreurwetgewing, gister gesê­. – Reuters

Meer oor:  Brittanje  |  Reading  |  Terreuraanval  |  Park  |  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.