Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Terreur: VSA nie deel van Christchurch-veldtog

Amerika gaan in opdrag van pres. Donald Trump nie deel word van die Christchurch-oproep tot Aksie nie waarvolgens wêreldleiers en sakemanne in die tegniese beroepsveld ’n belofte gemaak het om die gebruik van sosiale media vir terreurdade te beëindig.

Die inisiatief is deur Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, en Emmanuel Macron, president van Frankryk, begin, berig CNN.

’n Wêreldberaad wat deur verskeie staatshoofde bygewoon is, is Woensdag in Parys gehou.

“Hoewel Amerika nie in ’n posisie is om deel te word van die Christchurch Oproep tot Aksie nie, ondersteun ons die beginsels daarvan. Ons sal voortgaan om te praat met regerings, die bedryf en die burgerlike gemeenskap om terroriste-inhoud op die internet teen te werk, het die Withuis in ’n verklaring gesê.

Ardern het by die aankondiging van die beraad gesê sy kan nie verstaan waarom Amerika nog nie strenger wapenwette het ná al die groot skietvoorvalle wat hulle al gehad het nie.

Ardern het ’n verbod op die militêre soort semi-outomatiese wapens, aanvalswapens en hoëkapasiteit-magasyne aangekondig enkele dae ná ’n aanval op twee moskees in Christchurch waarin 51 mense dood is.

“Australië het ’n massamoord ervaar en hul wette verander. Nieu-Seeland het sy ervaring gehad en sy wette verander. Om eerlik te wees verstaan ek nie Amerika nie.”

Facebook het wel die ooreenkoms onderteken en nuwe reëls aangekondig oor direkte uitsendings. Volgens die nuwe beleid sou die Christchurch-skieter nie sy bloedbad direk op sy Facebookblad kon uitsaai nie, het ’n woordvoerder van Facebook aan CNN Business gesê.

Amerika het terrorismekopie aanlyn streng veroordeel, maar sê die vryheid van mense om te sê wat hulle wil en die vryheid van die media is die redes hoekom hy nie die oproep onderteken nie.

Christchurch, terreur
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk en Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, by die bekendstelling van 'Christchurch Appeal' teen terreur by die Elysee-paleis Woensdag in Parys. Foto: Reuters

Van die lande wat die oproep gesteun het, is Brittanje, Frankryk en Duitsland, as Europa se enigste tegnologiereuse.

Die Christchurch Oproep tot Aksie gee riglyne vir regerings om die gepaste wette oor die vervaardiging en verspreiding van ekstreme inhoud op die internet toe te pas en om standaarde te ondersteun sodat beriggewing oor terreuraanvalle dit nie wyer verkondig nie, berig Vox.

Christchurch call
Macron, Ardern en ander staatshoofde op die bekendstelling van die veldtog. Foto: Reuters

Alle aksies moet steeds die beginsels van ’n vrye, oop en veilige internet verseker, sonder om menseregte en fundamentele vryhede, wat vryheid van spraak insluit, aan te tas.

Erkenning moet ook gegee word aan dit wat goed is, ingesluit die verspreiding van innovasie en ekonomiese ontwikkeling, asook om gemeenskappe saam te snoer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.