Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Terroris’ steek 3 in Melbourne voor polisie hom skiet
Die uitgebrande voertuig in Bourkestraat in Melbourne, Australië.Foto: Reuters

’n Man wat in Somalië gebore is, het Vrydag ’n bakkie vol gashouers in die middel van Melbourne in Australië aan die brand gesteek, waarna hy drie mense gesteek het van wie een dood is. Die man is daarna deur die polisie geskiet.

Volgens die polisie was dit ’n daad van terrorisme.

Die terreurgroep Isis het aanspraak gemaak op die aanval, sonder om enige bewyse te verskaf.

Die nutsvoertuig waarop die gassilinders was, het op die besige Bourke Street net voor die aandspitsverkeer uitgebrand.

Die silinders het nie ontplof nie en die vlamme is binne tien minute geblus.

“Ons probeer nog vasstel of die voertuig aan die brand gesteek is voordat die man uitgeklim het en of hy uitgeklim het voordat die voertuig vlamgevat het,” het Graham Ashton, polisiewoordvoerder van Victoria, aan verslaggewers gesê.

Video’s wat op Twitter versprei is, wys hoe die man ’n mes rondswaai voor twee polisiebeamptes terwyl die vragmotor in die agtergrond brand.

Die video wys ook hoe een van die beamptes hom skiet, waarna hy neerval en sy bors vashou.

Lede van die publiek is gevra om na vore te kom met beeldmateriaal oor die voorval.

Volgens Ashton was die aanvaller 31 jaar oud en is hy in die hospitaal dood.

“Met die inligting wat ons oor daardie individu het, hanteer ons dit as ’n terreurvoorval,” het hy gesê.

Gevra oor wat die aanvaller beplan het, het Ashton na die gassilinders gewys en gesê: “Jy kan sekere aannames daaruit maak.”

Die Victoria-polisie wou nie kommentaar lewer op Isis se aanspraak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.