Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Thabane moet uittree nadat koalisie verkrummel

Lesotho se premier, Thomas Thabane, se koalisie het Maandag in die parlement verkrummel, wat die einde van sy premierskap beteken en die weg berei vir ’n oplossing van ’n politieke krisis wat dié bergkoninkryk sedert laat verlede jaar teister.

Die speaker van die nasionale vergadering, Sephiri Motanyane, het die inploffing van die regerende meerderheid aangekondig en gesê die 80-jarige Thabane sal op 22 Mei sy pos moet ontruim. Thabane se woordvoerder het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Thabane was onder druk om te bedank weens ’n saak waarin hy en sy huidige vrou van sameswering verdink word om sy eksvrou te vermoor. Sy huidige vrou, Maesaiah, is aangekla, terwyl Thabane as ’n verdagte beskou is, hoewel hy nie aangekla is nie. Hulle ontken albei enige betrokkenheid.

Die saak het sy party verdeel en het tot sporadiese onrus gelei. Thabane het belowe dat hy sal aftree, maar het daarmee gedraal.

“Ons bevestig die vierparty-koalisie is opgeskort en ’n nuwe regering word gevorm,” het Motanyane gesê.

Sam Rapapa, ondervoorsitter van Thabane se All Basotho Convention (ABC), het gesê alle partye het voorwaardelik ingestem dat die minister van finansies, Moeketsi Majoro, Thabane vervang.

“Thabane is nou ’n opsigter- eerste minister tot 22 Mei wanneer ’n nuwe eerste minister ingehuldig sal word,” het Rapapa gesê.

Lede van die ABC, opposisiepartye en Suid-Afrikaanse bemiddelaars het hulle daarvoor beywer dat Thabane vertrek. Koning Letsie III het verlede week tot wetgewing toegestem wat Thabane verbied om die parlement te ontbind en ’n verkiesing uit te roep indien ’n wantrouestem teen hom uitgebring word.

Politieke onstabiliteit kook oor in Lesotho, wat sedert sy onafhanklikheid van Brittanje in 1966 reeds verskeie staatsgrepe gehad het.

Die konflik hier het gereeld ’n uitwerking op Suid-Afrika, waarvan die Maluti-bergreeks dié bergkoninkryk omsluit en aan hom drinkwater verskaf.

– Reuters

Meer oor:  Thomas Thabane  |  Lesotho  |  Moordklagte  |  Koalisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.