Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Thaise redding: ‘Wie 1ste gereed is, kan 1ste gered word’

Die seuns van die Thaise sokkerspan wat in ’n grot vasgekeer is, wat eerste leer swem en leer om met ’n suurstoftenk asem te haal, sal eerste gered word.

So het Narongsak Osottanakorn, goewerneur van die Tsjiang Rai-provinsie in Thailand, gesê.

Reuters berig Osottanakorn het gesê hoewel Thailand se owerhede die seuns graag so gou as moontlik uit die grot wil red, sal dit nie gedoen word as dit nie veilig is vir die kinders nie.

Volgens Osottanakorn hoef al 13 nie gelyk gered te word nie. Wie eerste gereed is, kan eerste gered word. Maar as daar enige risiko’s is, sal die seuns voorlopig nie uitgebring word nie. Hulle word intussen versorg deur ’n span kundiges wat kos en medisyne aan hulle verskaf.

Die 12 seuns en hul sokkerafrigter is lewend gevind nadat hulle tien dae lank in die Tham Loeang-grotte in Tsjiang Rai, in die noorde van Thailand, vasgekeer was. Dit is die moesonseisoen en die grotte het weens die reën oorstroom.

’n Skermgreep van ’n video van die seuns wat beskikbaar gestel is.

Die watervlak in die grotte, asook die weervoorspellings vir reën, word fyn dopgehou.

Teen laat Dinsdag is daar reeds 120 miljoen liter water uit die grotte gepomp.

’n Poging om ’n kommunikasiekabel 4 km deur die tonnels na die kinders aan te lê, moes eers gestaak word nadat waterdigte toerusting nat geword het.

Die tonnels is nou en die waterstrome baie sterk.

Prawit Wongsoewan, adjunkpremier van Thailand, het aan verslaggewers gesê as die watervlak daal en die vloei van die water swakker word, sal die kinders blitsig uit die grotte gered word.

’n Video wat deur die Thailandse Seals-eenheid beskikbaar gestel is, wys twee van die Seals-lede by die kinders in die grot. Die seuns is toegedraai in silwer termiese noodkomberse. Een vir een groet elkeen met die “wai”, die Thaise tradisionele manier van groet deur hul hande saam te vou, terwyl ’n straaltjie lig van ’n flits op hulle skyn.

Meer oor:  Reddingspoging  |  Grot  |  Grotredding  |  Thaise Seuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.