Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tiener wat presidente takel, trek oral aandag

’n 16-jarige Sweedse klimaataktivis met Asperger-sindroom het die wêreld aan haar voete danksy haar vurige aanvalle op presidente se trae ingryping by klimaatsverandering.

Hollywood-sterre het tougestaan om Greta Thunberg geluk te wens nadat sy Maandag by die Verenigde Nasies se klimaatberaad in New York leiers so gekyk en gevra het: “Hoe durf julle net wegkyk en sê julle doen genoeg wanneer die politiek en oplossings wat benodig word nog nêrens in sig is nie?” Sy het bygevoeg: “Ons sal julle dophou.”

“Hoe durf julle” vra sy aan wêreldleiers wat die beraad bygewoon het. Foto: REUTERS/Lucas Jackson

Volgens Thunberg staan die mensdom op die rand van ’n “massa-uitsterwing” as kweekhuisgasse nie dadelik in bedwang gebring word nie.

Kritici het wal gegooi, want hoewel klimaatsverandering ernstig is, is die einde van die aarde kwalik op hande. Die koste daarvan om oor te skakel na “skoon” energie word in sekere lande as buitensporig hoog beskou.

Hoe durf julle net wegkyk en sê julle doen genoeg?

Thunberg het gesê as uitlaatgasse binne tien jaar halveer sou word, is daar ’n 50%-kans dat die styging in die gemiddelde wêreldtemperatuur tot minder as 1,5 °C beperk sou kon word.



Haar toespraak is geloof deur onder meer die aktrises Anne Hathaway en Penélope Cruz.

Greta Thunberg gluur pres. Donald Trump aan toe hulle Maandag op dieselfde tyd by die beraad aankom. Foto: Andrew Hofstetter

Een van die kragte agter Greta is blykbaar die Duitse klimaataktivis Luisa-Marie Neubauer (23), wat in 2018 ’n ambassadeur vir die One-stigting was, wat deur onder meer Bill en Melinda Gates gefinansier word.

’n Klimaatbetoging Vrydag in Seoul, Suid-Korea. Foto: AP Photo/Ahn Young-Joon

Thunberg erken openlik dat sy in die outisme-spektrum val. “Ek gee nie regtig om oor so­siale gedragskodes nie.” Sy noem dit ’n geskenk omdat dit ’n mens anders maak en aan nuwe oplossings kan laat dink. “Ons het mense nodig wat buite die boks dink,” het sy aan CBS gesê.



Christopher Caldwell, ’n joernalis en skrywer,het vroeër in die New York Times geskryf dat klimaataktiviste hulle moet afvra hoe die wêreld sal lyk as CO2-gasse met wetgewing beperk sou word. Europese aktiviste wat hulle byvoorbeeld vir meer immigrasie uit arm lande beywer, sal sukkel om dié ideaal te laat rym met ’n verbintenis tot die inkorting van kweekhuisgasse, wat soos klokslag op groot skuiwe in bevolkings volg.

Samelewings met ’n hoë vlak van kompleksiteit, gebruik boonop baie energie.

“Op ’n planeet van 8 miljard mense is dit nie net bestemming-troues wat baie energie verg nie. Kos ook. Skoon drink water ook. Kommunikasie ook.”

Meer oor:  Greta Thunberg  |  Klimaatsverandering  |  Tiener
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.