Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tier val opsigter by dieretuin aan

’n Skaars Sumatraanse tier het Saterdag ’n opsigter by die Topeka-dieretuin in Kansas, Amerika, aangeval en haar aan die agterkant van haar kop en nek beseer voordat ander personeellede die dier met kos kon weglok, sê dieretuin-beamptes.

Van ons personeel het goed gesien wat jy hoop jy nooit in jou loopbaan hoef te aanskou nie.

Die hooftieropsigter was by haar bewussyn toe sy na ’n hospitaal geneem is, waar haar toestand as stabiel beskryf is, het Molly Hadfield, woordvoerder van die Topeka-stadsraad, later gesê.

Die slagoffer was in die tier se buitemuurse habitat toe sy aangeval is, het die dieretuin se direkteur, Brendan Wiley, tydens ’n mediakonferensie gesê.

Volgens Wiley het die sewejarige tiermannetjie, Sanjiv, die habitat binnegekom, wat nie veronderstel is om te gebeur as daar ’n mens in is nie.

“Die een of ander fout het hier gebeur,” het Wiley gesê, en bygevoeg dat die voorval ondersoek word.

“Van ons personeel het goed gesien wat jy hoop jy nooit in jou loopbaan hoef te aanskou nie.”

Ook besoekers het gesien hoe Sanjiv die werker beseer. Sy het snye en gate aan haar kop en nek, sowel as beserings aan haar rug en arm opgedoen, het hy gesê.

Die dieretuin was daarna vir 45 minute gesluit.

Dieretuinbeamptes beplan nie om vir Sanjiv van kant te maak nie.

“Hy het gedoen presies wat ’n tier sou doen as iets in sy gebied is,” het Wiley gesê. – Reuters

Meer oor:  Amerika  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.