Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tifoon tref China en Taiwan

Waarskuwings oor modderstortings is aan landelike gemeenskappe in die noordweste van Taiwan uitgereik, nadat ’n tifoon die eiland Woensdag getref het.

Twee mense in Taipei is beseer toe bome omgeval het.

Meer as 3 000 mense in nege stede en dorpe is na veiligheid gebring.

Wind van tot 191 km/uur het gelei tot die kansellasie van 138 internasionale en 170 plaaslike vlugte.

Skole en fabrieke in kusdorpe is ook gesluit.

Daar was ook swaar reën in China se Sichuan-provinsie, waar die gewilde toeristebestemmings soos Berg Emei en Jiuzhaigou gesluit moes word.

Tifone kom algemeen voor in die gebied tussen Junie en November. News24

Tifoon Maria het Wenzhou in China se Zhejiang-provinsie Woensdag getref. Foto: Reuters


Meer oor:  China  |  Taiwan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.