Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
So lyk toeriste se 'pornografiese danse' in Kambodja

'n Groep jong toeriste is Sondag in Kamboja aangekla van die vervaardiging en verspreiding van pornografiese materiaal, nadat foto’s van karig geklede paartjies in gewaagde posisies op sosiale media geplaas is, berig Daily Mail.

Die polisie in Siem Reap het die groep van tien Donderdag in hegtenis geneem omdat hulle volgens ’n polisieverklaring “op pornografiese wyse gesing en gedans het”.

Die polisie het foto’s van die tien op hul webtuiste geplaas, asook foto’s waarin die groep glo as deel van ’n speletjie klaarblyklik seksposisies simuleer.

Die beskuldigdes hou glo vol hulle is onskuldig en sê dit is nie eens hulle in die “pornografiese dansfoto’s” nie.

Die sogenaamde “pornografiese” foto’s waarvoor die toeriste in hegtenis geneem is. Foto: Cambodianpolice.com

Die voorval het glo by ’n gewilde swempartytjie, “Let’s Get Wet,” in Siem Reap gebeur, berig The Telegraph.

Byna 100 mense, meestal Westerse toeriste en immigrante, het die partytjie bygewoon.

Die polisie het omstreeks 16:00 by die partytjie opgedaag en talle mense in hegtenis geneem. Sommige is later vrygelaat.

“Ons is onskuldig,” het een van die beskuldigdes aan The Telegraph gesê.

“Ons weet nie waarom ons in hegtenis geneem is nie, ons hoor verskillende stories van verskillende mense.”

Die tien beskuldigdes. Foto: Cambodianpolice.com

Hulle het glo vir drie dae op die vloer van ’n polisiekantoor geslaap, maar hulle sê hulle is goed behandel en “vriendelike” polisielede het vir hulle pizza gebring.

Luidens die polisieverklaring is 77 toeriste en tien organiseerders in hegtenis geneem.

Twee van die tien beskuldigdes. Foto: Cambodianpolice.com

Die meeste van die aangehoudenes is na die “kommissie van onderwys” gestuur, lui die verklaring.

Vyf verdagtes is van die Verenigde Koninkryk, twee is Kanadees, een is van Nieu-Seeland, een is van Nederland en een van Noorweë, berig The Guardian.

Daniel Jones, een van die tien toeriste wat die polisie Donderdag in Siem Reap, Kambodja, Donderdag in hegtenis geneem het. Foto: Facebook

Die ma van een van die beskuldiges sê hulle moes hofdokumente in die Khmer-taal sonder die teenwoordigheid van ’n vertaler onderteken.

Die beskuldigdes kan ’n jaar tronkstraf en ’n boete van tussen $50 en $500 opgelê word, berig The Phnom Penh Post.

Billy Stevens, een van die tien beskuldigdes. Foto: Facebook

Die owerhede in Kambodja tree streng op teen besoekers wat nie die nodige respek vir die land se kulturele besienswaardighede toon nie en aanstootlike foto’s van hulself by die nabye Angkor Wat-tempelkompleks neem, berig The Washington Post.

Maar The Phnom Penh Post berig dat Siem Reap die toeriste wat dié dorp besoek vir die geskiedkundigheid daarvan én die lawaaierige naglewe nog altyd geduld het.

Die tien toeriste wat in Kambodja in hegtenis geneem is, is:

Vincent Hook, een van die tien beskuldigdes. Foto: Facebook

* Daniel Jones (31) van Brittanje,

* Paul Francis Harris (33) van Brittanje,

* Thomas Alexander Jeffries (23) van Brittanje,

* Job Robertus (22) van Nederland,

* Vincent Hook, (35) Brittanje

* Paul Martin Brasch (33) van Nieu-Seeland,

* Billy Stevens (22) van Brittanje,

* David Nikolaus Aleksandr Ballovarre van Noorweë,

* Jessica Drolet (25) van Kanada,

* Eden Koazoleas (20) van Kanada.

Meer oor:  Sosiale Media  |  Pornografie  |  Toeriste  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.