SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Wêreld
Tonnel van KFC in VSA onder grens na Mexiko gevind

’n Ou KFC-restaurant in Arizona, Amerika, is gebruik om dwelms Amerika binne te bring. Die eindpunt van ’n tonnel uit Mexiko was in die gebou.

Die polisie het volgens CNN  ’n man in Arizona van die pad getrek wat houers op ’n sleepwa vervoer het. ’n Snuffelhond is ingespan en die polisie het op $1 miljoen se dwelms beslag gelê. Kliek hier om 'n polisievideo van die tonnel te sien.

Smokkeltonnels is al dekades lank ’n probleem.

Altesame 239 pakkies met 118 kg methamphetamien, 6 kg kokaïen, 13 kg wit heroïen, 6 kg bruin heroïen en 3 kg fentaniel in houers is in Ivan Lopez se besit gevind.

ABC7 News berig dat die fentaniel alleen genoeg is vir 3 miljoen dosisse.

Een van die dwelmspeurders, Scott Brown, het aan die Telegraph  gesê hy glo die verskerpte grensbeheer dwing dwelmkartelle om tonnels te gebruik.

Volgens koerantberigte het die polisie reeds in April ’n wenk ontvang dat ’n tonnel uit Mexiko in die kitskosrestaurant eindig.

Lopez is deur die polisie dopgehou en nadat hy aangekeer is, het die polisie die ou restaurantgebou gaan fynkam. Hulle het op die bek van die tonnel in die kombuis afgekom. Die tonnel is 180 m lank, 1,52 m hoog en net minder as ’n meter wyd. Die ander ingang was onder ’n bed in ’n huis in Mexiko.

Garcia het glo die ou restaurantgebou teen $390 000 gekoop.

Smokkeltonnels is al dekades lank ’n probleem. In 2016 is ’n tonnel van bykans 800 m tussen Otay Mesa in Kalifornië en Tijuana in Mexiko ontdek.

Die Amerikaanse grenspolisie gebruik moderne toerusting om tonnels op te spoor en meer as 200 tonnels tussen Amerika en Mexiko is al sedert 1990 ontdek

Meer oor:  Kfc  |  Vsa  |  Mexiko  |  Dwelms  |  Toneel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.