Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Topsakeman val hom dood op uitstappie

Die voorsitter van die HNA Group, ’n Fortune 500-maatskappy in China, het hom Dinsdag op ’n sakebesoek aan Provence in Frankryk doodgeval nadat hy op ’n muur geklim het om ’n foto te neem.

Wang Jian Foto: Reuters

Wang Jian (57) was ’n stigterslid van die maatskappy, wat meer as 20 jaar gelede Hainan Airlines begin het, en van daar af gegroei het om tien lugdienste en ander besighede te bedryf, berig CNN.

Die polisie in die Vaucluse-gebied van Provence het aan CNN gesê Wang het ’n kerk in die dorp Bonnieux saam met kollegas en vriende besoek toe hy by ’n muur van tussen tien en 15 m hoog opgeklim het.

Geen gemene spel word vermoed nie.

Financial Times berig Wang het sy balans verloor en agteroor geval toe hy op die smal muur geloop het en ernstige inwendige beserings opgedoen.



Meer oor:  China  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.