Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Tories se beroepe om hulp is komies’
Nigel Farage
Nigel Farage, leier van die Brexit-party, Maandag aan die woord op 'n politieke saamtrek in Sedgefield, Brittanje. Foto: Reuters

Nigel Farage, leier van die Brexit-party, het gister gesê beroepe deur die Tories dat hy hulle verder in die komende verkiesing moet help, is “byna komies”.

Die party wat hy gestig het, gaan in die algemene verkiesing op 12 Desember in 317 kiesafdelings geen kandidate stel nie, het Farage eergister gesê. Dit is in kiesafdelings wat deur die Konserwatiewe Party beheer word.

Boris Johnson, Konserwatiewe premier, het die verkiesing uitgeskryf in ’n poging om die parlement so te herstruktureer dat hy Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie (EU) makliker goedgekeur kan kry. Farage se stap versterk dié moontlikheid. Die Arbeiders, Liberaal-Demokrate en die Skotse Nasionale Party het ná sy aankondiging gesê­ hulle vermoed hy het ’n geheime ooreenkoms met Johnson gesluit vir ’n vinnige, rigiede Brexit. Farage ontken dit.

Hy sê ook dit is onwaar dat hy tot die stap oorgegaan het omdat hy ’n Britse titel aangebied is. Volgens hom het hy reeds vroeër so ’n aanbod ontvang, maar dit van die hand gewys.

“Dit is byna komies. Ek het die Konserwatiewe Party tientalle setels gratis gegee en ek het dit gedoen omdat ek glo ons moet ons onttrek,” het Fa­rage gisteroggend in ’n onderhoud met die BBC gesê. – Reuters

Meer oor:  Britse Verkiesing  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.