Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tot 50 dood, honderde beseer in Beiroet-ontploffing

Tot 50 mense is dood en duisende ander beseer toe die sentrale deel van Beiroet Dinsdag deur ’n reuse-ontploffing geruk is, berig die BBC.

Die ontploffing, die ergste wat die stad in jare getref het, het skokgolwe regoor die hoofstad van Libanon veroorsaak met verskeie geboue wat beskadig is, vensters wat gebreek is en woonstelbalkonne wat ineengestort het.

Inwoners het gemeen dit is ’n aardbewing en mense het deur die strate gehardloop op soek na familielede.

Die ontploffing was in die stad se hawegebied, waar daar pakhuise is wat glo plofstof bevat het, volgens die Libanese staatsnuusagentskap NNA en veiligheidsbronne.

Bronne in die veiligheidsgemeenskap het ook gesê daar word chemikalieë in die omgewing geberg.

Beeldmateriaal van die ontploffing wat deur inwoners op sosiale media gedeel is, wys ’n rookkolom wat uit die hawe-distrik opstyg, gevolg deur ’n geweldige ontploffing.

Die Libanese Rooi Kruis het gesê honderde mense is in hospitale opgeneem vir behandeling.

’n kragtige ontploffing ruk BeiroetFoto: Reuters

Pres. Michel Aoun het ’n noodvergadering van die land se hoogste verdedigingsraad byeengeroep volgens die Twitter-rekening van die presidentskantoor van die land.

Dit was nie dadelik duidelik wat die brand veroorsaak het wat gelei het tot die ontploffing nie, of watter soort plofstof in die pakhuise was nie.

Abbas Ibrahim, uitvoerende hoof van Libanon, het op ’n toer in die hawe-gebied gesê hy sal nie die ondersoeke vooruitloop nie.

’n Israelse amptenaar het gesê sy land het niks met die ontploffing te doen nie.

Die goewerneur van die hawe in Beiroet het aan Sky News gesê ’n span brandbestryders wat op die toneel was, het ná die ontploffing ‘verdwyn’.

“Ek het ’n vuurbal en rook oor Beiroet gesien. Mense het geskree en gehardloop, gebloei. Geboue is opgeblaas. Glas in hoë geboue het gebars en op straat geval,” het ’n ander getuie van Reuters gesê.

Uit Amerika het die Withuis gesê dié land hou die ontploffing in Beiroet fyn dop.

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake sê hulle volg berigte noukeurig en is gereed om “alle moontlike hulp” aan te bied, het ’n woordvoerder van die agentskap gesê.

Die departement het gesê hulle het geen inligting oor die oorsaak van die ontploffing nie en het bygevoeg dat die agentskap nou saam met die plaaslike owerhede werk om vas te stel of enige Amerikaanse burgers in die voorval geraak is. - Reuters


Meer oor:  Beiroet  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.