Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tot 40 lyke dalk buite huis in El Salvador begrawe

Die polisie in El Salvador in Sentraal-Amerika het tot dusver sowat 24 lyke buite die huis van ’n voormalige polisielid opgegrawe.

Polisiebeamptes het Donderdag gesê tot 40 lyke, meestal dié van vroue, kan moontlik daar begrawe wees. Hulle meen dat die opgrawings by die huis in Chalchuapa, sowat 80 km noordwes van die hoofstad, San Salvador, tot ’n maand kan duur.

Volgens die owerhede sal tien mense, onder wie die oudpolisieman Hugo Ernesto Osorio Chavez, in verband met die vondste aangekla word.

’n Forensiese ondersoeker is Donderdag besig om buite ’n voormalige polisielid se huis in El Salvador lyke op te grawe. Foto: Reuters

Talle mense, onder wie dié wat vermiste familielede het, het Donderdag buite Chavez se huis saamgedrom, terwyl forensiese ondersoekers die oorskotte opgegrawe het.

Marleny Barrientos (50), wie se seun in 2015 verdwyn het, het met ’n foto van hom buite die huis gestaan.

Sy het gesê sy is daar in die hoop dat sy dalk sy oorskot kan uitken.

Minstens 70 moorde op vroue word jaarliks in die land met sy bevolking van 6,7 miljoen aangemeld.

Die polisie het in 2019 gesê 111 vroue is vermoor.

Graciela Sagastume, staatsaanklaer, sê seksuele geweld word ondersoek.

• In nog ’n voorval is ’n 72-jarige vermeende reeksmoordenaar van vroue in Mexiko in hegtenis geneem.

’n Ondersoek na die verdwyning van ’n 36-jarige vrou het die polisie na sy huis gelei, waarna talle lyke by sy huis opgegrawe is. – Reuters

Meer oor:  El Salvador  |  Begrawe  |  Huis  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.