Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tot 7 geskiet op familiesaamtrek in New York

Die nooddienste in Syracuse, New York, in die VSA het Donderdag (plaaslike tyd) gesê hulle is ontbied na ’n voorval waarin tot sewe mense geskiet is. Onder die slagoffers is daar glo minstens een kind. 

Die skietery het plaasgevind by ’n huis waar sowat 50 familielede bymekaargekom het om hulde te bring aan iemand wat vroeër die dag aan kanker dood is, berig Syracuse.com.

Daar is glo minstens tien skote afgevuur.

Die nooddienste was omstreeks 21:00 op die toneel.

Die polisie het nog nie meer inligting bekend gemaak nie.

Syracuse is sowat 400 km noordwes van New York geleë. – Reuters

Meer oor:  Skietery  |  New York
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.