Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trein bars deur buffer en beland op walvis se stertvin

’n Treindrywer in Nederland het wonderbaarlik ontkom nadat die voorste wa deur die buffer aan die einde van die spoorlyn gebars en op die stertvin van ’n enorme walvisbeeld te lande gekom het.

Die voorval het Sondag omstreeks middernag in die De Akkers-treinstasie in Spijkenisse naby Rotterdam gebeur. Die wa het deur die lug gevlieg en ’n paar meter verder op die stertvin van die massiewe beeld, Whale Tails, te ruste gekom en sowat 10 m hoog in die lug bly hang, berig die BBC.

Die drywer, wat alleen in die trein was, het self by die wa uitgeklim.

trein
Die trein wat op die walvis tot stilstand gekom het in Spijkenisse, Nederland, word beveilig om dit te verwyder. Foto: AP

Nuuskieriges het na die stasie gestroom om die petalje te aanskou. Volgens The Guardian moes die owerhede die skare daaraan herinner dat die beperkings rondom die koronavirus steeds geld.

Terwyl die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk voortgaan, het ingenieurs Maandag nog probeer kyk hoe hulle die trein kan stabiliseer en die wa veilig van die beeld af kan lig, het CNN berig.

Maarten Struijs, wat die beeld geskep het wat in 2002 aan die einde van die spoorlyn opgerig is, is verstom dat die beeld nie gebreek het nie omdat hy meen die plastiek ná bykans twee dekades al bros moet wees.

A salvaging crew prepares to attach chains to lift
Nog ’n foto van die trein. Foto: AP


Meer oor:  Nederland  |  Walvis  |  Trein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.