Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tronkstraf vir paartjie wat vrou 8 jaar as slaaf aanhou

’n Vrou van in haar 60’s wat agt jaar lank as slaaf in ’n huishouding in Australië aangehou is, was dodelik siek toe die hele besigheid op die lappe kom.

Dié vrou van Indië is sedert 2007 aangehou. Dit was eers toe sy in 2015 dodelik siek geword het dat dit bekend geword het sy word in die huis aangehou om vir die paartjie te werk.

Kandasamy en Kumuthini Kannan het Woensdag in ’n hof in Australië verskyn en is skuldig bevind aan misdade teen die mensdom, berig ABC News.

Hulle het in die hooggeregshof in die staat Victoria verskyn. Kumuthini (53) het agt jaar tronkstraf gekry, terwyl haar man, Kannan (57), ses jaar tronkstraf opgelê is.

Dit het ook in die hof uitgekom dat dit die eerste geval van plaaslike slawerny in Australië is en dat dit ook die langste tydperk is dat iemand in dié land aangehou is.

Die Kannan-paartjie het ontken dat hulle enigiets verkeerd gedoen het.

Volgens The Guardian het die storie op die lappe gekom nadat die vrou in Julie 2015 inderhaas met ’n ambulans hospitaal toe geneem is nadat sy siek geword en ineengestort het. Sy het sepsis en onbehandelde diabetes gehad, terwyl verskeie van haar tande weg was.

Dit het ook in die hof uitgekom dat die paartjie die vrou in hul huis toegesluit het wanneer hulle met vakansie gegaan het.

“Hulle moes geweet het dat die vrou binnekort sou sterf en hulle het nooit gesê hulle is jammer nie,” het ’n staatsaanklaer in die hof gesê.

9 News in Australië berig dit het in die hof uitgekom dat die man matig outisties is en aan depressie ly.


Meer oor:  Australië  |  Paartjie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.