Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump 11 minute met rare kapsel in kerk
President Donald Trump smiles as he arrives on sta
Pres. Donald Trump Sondag in die kerk. Foto: AP

Pres. Donald Trump het Sondag vinnig, nadat hy gholf gespeel het, ’n besoek van 11 minute aan ’n evangeliese kerk in Virginia gebring op ’n dag wat spesiaal uitgeroep is as biddag vir hom.

Die Amerikaanse president is nie ’n man wat hom besig hou met gereelde aanbidding in ’n kerk nie.

Franklin Graham, seun van die bekende Amerikaanse prediker Billy Graham, en meer as 250 ander kerklikes het gevra dat die land Sondag vir Trump bid sodat God aan sy sy kan wees in die politieke stryd in Washington.

Trump het met sy gholfpet die kerk ingestap en dit darem afgehaal voordat past. David Platt vir hom gebid het.

Ná 11 minute was Trump weer buite.

Die Withuis het gesê Trump is daar om te bid vir die slagoffers en gemeenskap van Virginia Beach waar 11 mense Sondag doodgeskiet is, maar daar het niks van gekom nie, berig Daily Mail.

Omdat hy pas van die gholfbaan gekom het, was sy hare natgesweet en hy het dit toe alles agtertoe gekam – en toe hy sy pet vir die gebed afhaal, het mense na Twitter gegryp en die “nuwe haarstyl” bespreek. Een het genoem dat dit vir die eerste keer “normaal” lyk.

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Amerika  |  Hare
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.