Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump-assistent smeek om geld vir regskoste
George Papadopoulos en sy vrou, Simona Mangiante Papadopoulos. Foto: Twitter

’n Lid van pres. Donald Trump se verkiesingspan staan bakhand om geld in te samel vir sy regskoste nadat hy erken het hy het vir agente van die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) oor sy Russiese kontak gejok.

George Papadopoulos, ’n voormalige assistent in buitelandse beleid gedurende Trump se verkiesingsveldtog, het met ’n professor gepraat wat belowe het om Hillary Clinton, Trump se Demokratiese teenstander in die verkiesing, se “geraamtes” op te diep.

Sedert George se bekentenis het hy ’n sentrale getuie geword in die ondersoek van Robert Mueller na die moontlike invloed wat Rusland op die verkiesing gehad het.

Sy vrou, Simona Mangiante Papadopoulos, het ’n GoFundMe-veldtog begin in die hoop om geld vir haar man se regskoste in te samel. Op haar Twitter-profiel beskryf sy haarself as ’n “model, prokureur en aktrise”.

Volgens haar is dit “in die belang van alle Amerikaners” om uit te vind presies wat in die verkiesing gebeur het.

Die reaksie op haar hartstogtelike pleidooi was taamlik kil. Sy het gehoop om minstens $200 000 in te samel, maar ná meer as twee dae het barmhartiges nog net $340 (sowat R4 630) bewillig.

Verskeie mense het George ’n “verraaier” en ’n “leuenaar” genoem en geëis dat hy tronk toe gestuur word.

“My man se rol in die ‘Russiese ondersoek’ is ’n groot misverstand en word misbruik,” sê Simona. “Sy lewe word nou al te lank onderbreek, en al ons spaargeld is aan regskoste bestee.”

Een van die kommentare op die webblad is: “Ja, verraad is duur! Sterkte, maar ek gee nie regtig om nie.”

Simona het in TV-onderhoude by Trump gepleit om kwytskelding vir haar man, maar dit het tot dusver op dowe ore geval.

Trump het vroeër na George verwys as ’n “leuenaar” en ’n “jong, onbelangrike vrywilliger” in sy verkiesingsveldtog.

Meer oor:  Donald Trump  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.