Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump dank nasionale veiligheidsraadgewer af
John BoltonFoto: REUTERS

Pres. Donald Trump van Amerika het sy nasionale veiligheidsraadgewer, John Bolton (70), afgedank te midde van verskille oor hoe om uitdagings met buitelandse beleid met onder meer Noord-Korea, Iran, Afganistan en Rusland te hanteer.

“Ek het John Bolton gisteraand ingelig dat sy dienste nie langer in die Withuis benodig word nie. Ek het ernstig met baie van sy voorstelle verskil, en andere in die regering het ook, “ het Trump gister getwiet.

Hy het bygevoeg dat hy Bolton se opvolger volgende week sal aanwys.

Bolton was Trump se derde nasionale veiligheidsraadgewer. Hy het in April verlede jaar by H.R. McMaster oorgeneem.

Hy het onder meer ’n taaier benadering tot Rusland en, meer onlangs, Afganistan, voorgestaan. Hy het ook dikwels koppe gestamp met die minister van buitelandse sake, Mike Pompeo.

Pompeo het aan joernaliste erken dat hy en Bolton dikwels van mekaar verskil het, maar het bygevoeg: “Ek dink nie enige wêreldleier moet nou dink net omdat een van ons die span verlaat, gaan pres. Trump se buitelandse beleid noemenswaardig verander nie.” – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  John Bolton  |  Vsa  |  Amerika  |  Afdanking  |  Nasionale Veiligheidsraadgewer  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.